
=====================================================================
4 - Grond
=====================================================================


4
GROND

Wat is die situasie tans?

Grondbesit was nog altyd 'n groot probleem in Suid-Afrika. Ons moet grond regverdig herverdeel. Maar ons moet ook seker maak dat ons na die grond omsien.


In die verlede, is grond weggevat van die meeste swart Suid-Afrikaners. Die grootste deel van die land is deur wit mense besit. Plaaswerkers kon deur boere van die plase afgegooi word. Swart vroue het die grootste probleme ondervind om grond te besit.


Swart boere het slegs klein stukkies grond gekry om op te boer. Dit was vir hulle moeilik om banke sover te, kry om aan hulle geld te leen. Hulle het nie soos die wit boere hulp van die regering gekry nie. Dit het dit vir hulle moeilik gemaak om te boer. Omdat daar te veel mense was wat op klein stukkies grond gebly het, is die land oorbewei deur beeste, bokke en skape. Dit het gronderosie veroorsaak, en die grond beskadig.


Weens di faktore was goeie oeste nie meer moontlik nie. Dit het beteken dat die mense armer geword het. Hulle gesondheid het verswak omdat hulle nie genoeg gehad het om te eet nie. In 'n poging om meer voedsel te produseer het mense probeer boer in gebiede wat nie vir boerdery geskik was nie. Weens di probleme is die grond in die tuislande baie erg beskadig.


Te veel besproeiing kan ook die grond beskadig. Na te veel besproeiing is die grond nie geskik om gewasse te kweek nie.


Die grond in Suid-Afrika kan maklik beskadig word. Ons moet die grond beskerm. Maar ons het meer inligting nodig oor die skade wat alreeds aangerig is sodat ons die probleme kan oplos. Skade aan die grond kan een van die ergste probleme wees wat Suid-Afrika in die gesig staar. Maar ons doen nie genoeg om dit stop te sit nie. Dit is baie moeilik, en duur, om beskadigde grond te herstel.

Die grond in Suid-Afrika word hoofsaaklik gebruik vir dorpe, boerdery, natuurbewaring en om bome te kweek. Meer as drie-kwart van die land word vir boerdery gebruik. Ongeveer 1,5 miljoen mense is op boerdery aangewese vir werk.


Baie min Suid-Afrikaanse grond is werklik geskik vir die kweek van gewasse. Die westelike en sentrale dele van die land kry baie min reen. Hierdie streke word hoofsaaklik gebruik om met skape, volstruise en wilde diere te boer. Dit word ook vir toerisme en natuurbewaring gebruik.


Figuur 4 dui aan in hoe mate die grond in tuislande beskadig is.

Grondbestuur

In die verlede het die regering boerderymetodes deur wit mense aangemoedig, wat die land beskadig het. Hierdie boere het streng beheer oor hulle grond en die mense wat daarop woon.


In die tuislande en plattelandse gebiede funksioneer die stam-stelsel nie meer behoorlik nie. Grond wat voorheen volgens tradisionele metodes beheer is, word nou deur almal gebruik. Dit het skade aangerig aan grond wat voorheen deur tradisionele wei-stelsels beskerm is.


Daar is verskillende regeringsdepartemente, wat na verskillende aspekte met betrekking tot grond, omsien. Daar is geen oorkoepelende plan in hierdie departemente oor hoe die grond bestuur moet word nie. Daar is geen beleid vir grondbestuur wat omgewingsake insluit nie.


Beleidsake vir die nuwe regering

Die regering moet sorg dat swart mense die grond terugkry wat voorheen aan hulle behoort het. Die ANC-regering het alreeds te kenne gegee dat hulle dit sal doen. Maar terselftertyd moet hulle seker maak dat ons steeds genoeg voedsel sal produseer, en dat ons nie die grond meer beskadig nie. Die regering moet 'n manier vind om te besluit hoe die grond die beste aangewend kan word.


Die regering en die mense sal baie hard moet werk om die grond in die voormalige tuislande te herstel.

FIGUUR 4: Die voormalige tuislande

Die 1913 en 1936 Wette op Grondbesit ('Land Acts") het die beste landbougrond in die besit van wit mense geplaas. Swart mense is slegs toegelaat om grond in die klein tuislande te besit.

Die voormalige tuislande het 'n gebrek aan natuurlike bronne. Armoede en te veel mense wat op te klein stukkies grond bly, is deel van die probleme.


Die meeste mense in tuislande kweek mielies en boer met skape, beeste en bokke. Hulle kry geld van familielede wat op die myne werk.


In die voormalige tuislande het boere baie kompos en plaagdoders gebruik. Hierdie chemikalie het die grond beskadig.


Omdat daar te min grond was, het te veel beeste, skape en bokke die land oorbewei. Dus het baie min gras en ander plante oorgebly. Dit het ernstige gronderosie veroorsaak.


Die tuislande is nie van skoon water voorsien nie. Mense moes uit riviere en fonteine water kry. Die water was dikwels besoedel en het mense siek gemaak. Tydens droogtes ly die mense, wat in die voormalige tuislande bly, die meeste.


Die afgelope vyf tot tien jaar het die myne baie werkers afgedank. Hierdie mense het na die tuislande teruggekeer en die aantal mense wat op daardie grond bly, verhoog.


Die nuwe regering sal hard moet werk om die toestand van die grond in die voormalige tuislande en die lewensstandaard van die mense wat in daardie gebiede woon, te verbeter.


Die verskillende regeringsdepartemente wat na die grond omsien, soos Omgewingsake, Waterwese en Bosbou, Landbou en Grondsake moet saamwerk om die grond te bestuur. Dieselfde geld vir die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings.


1. Wanneer grond teruggegee word aan die mense moet die regering hulle help om die grond teen beskadiging te beskerm.


2. Die regering moet 'n goeie beleid ontwikkel oor hoe die grond gebruik moet word. Die nasionale regering moet riglyne opstel wat vir die hele land geld.


3. Plaaslike inwoners moet betrokke wees by alle besluite oor hoe die grond aangewend moet word.


4. Boere en ander mense wat grond besit, of bewerk, moet die grond beskerm.


5. Vroue moet gelyke regte verkry om grond te besit. Hulle moet gehelp word om grond te bekom.


6. Die regte van plaaswerkers om op plase te bly moet verbeter word. Hierdie werkers moet seker wees dat hulle toegelaat sal word om op die plase aan te bly.

Voorstelle


1. Wetgewing rakende grondeienaarskap en die gebruik van bronne moet verseker dat die mense wat grond besit, of huur, na die grond omsien. Die herverdeling van grond moet alle Suid-Afrikaners bevoordeel en nie net 'n paar individue nie.


2. Die regering moet inligting insamel oor waarvoor grond gebruik word.


3. Die regering moet wette, belastings en ander metodes gebruik om te verhoed dat mense die land beskadig. Alle vrugbare landbougrond moet opsy gesit word, uitsluitlik vir boerderybedrywighede. Projekte om die grond te beskerm, moet versterk word.


4. Alle besluite met betrekking tot hoe die grond gebruik moet word, moet die beskerming van die grond in ag neem. In di verband moet die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings saamwerk.


5. Ons moet meer inligting inwin oor hoe erg die grond beskadig is. Ons moet uitvind of dit nog steeds beskadig word, en teen watter tempo. Dan moet ons bepaal hoe ons die beskadiging kan stopsit en en die grond kan herstel. Ons mag dalk nodig h om boerderymetodes te verander ten einde die grond te beskerm. Ons moet die oewers van riviere beskerm. Swak gebruik van hierdie grond kan gronderosie veroorsaak. lndien te veel grond in die water beland is dit moeilik vir plante en diere om in die riviere te oorleef.

6. Ons moet meer inligting insamel oor hoe stamhoofde grond aan mense gee. Ons moet ook meer inligting inwin oor hoe grond aan die mense in ander Afrika-lande teruggegee is. Dit sal ons help om uit hulle foute te leer.


7. Die regering moet die mense opvoed oor die belangrikheid daarvan om ons grond en land te beskerm.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


